Wednesday, 25 September 2013

Dekadente trifle

Daar is niks lekkerde as 'n dekadente poeding na 'n heerlike maal nie.Ons almal is bekend met die trifle wat elke kerfees en feestye bedien word.Hier is 'n eenvoudige resep vir hierdie poeding.

Bestandele
2 koppies halfgekookgte rys
3ml fyn robertsonsgemmer
1litre melk
125ml suiker
250ml room
500ml bevore gemengde bessies
500ml strooisuiker
1 stokkie kaneel

Metode
Maak die melk warm saam met die gemmer en rys in 'n kastrol en laat dit kook.
Na dit verlaag die hitte en laat die drie bestandele stadig prut terwyl jy dit roer.Die melk en rys moet romerig wees.Laat dit 'n bietjie afkoel.

nou vir die room
Klits die room tot dit dik is en voeg dit by die melk en rysmengsel.

nou vir die bessies
Verhit die bessies,strooisuiker en kaneel in 'n klein kastrol.Die bessies moet vir omtrent 3 minute prut en dit moet ook afkoel.
Skep 'n lagie melk en rysmengsel in 'n deurgeskynende bak.Dan 'n lagie bessies.Herhaal hierdie process totdat al die bestandele gebruik is.Laat dit in die yskas om te verkoel.

1 comment:

  1. Klink lekker!

    1. lekkerde - lekkerder
    2. halfgekookgte - halfgekookte
    3. bevore - bevrore
    4. Na dit verlaag - Verlaag die hitte...
    5. bestanddele (2 d's)
    6.process - proses

    ReplyDelete