Wednesday, 18 September 2013

'n smaak vir die wêreld

Daar was 'n meisie wat 'n obsessie met kos gehad het.Sy het veskillende dele van die wêreld deur gereis.
Haar reis het gegaan oor die tevrede stelling van haar enorme apteit vir die kospotte van die wêreld.Tydens elke lading in 'n stad het sy die beste eetplekke opgesoek om die smaak van die stad te ontdek.Die plek waar sy toe finaal haar voete kom vind het, was Italië.
Haar obsessie was die oorsaak dat sy nie meer aandag aan haar voorkoms gegee het nie.Sy het baie gewig aangesit en dit het haar gesondheid affekteer.Sanette was ongemaklik vet.Sy het begin wonder waarom die aantreklike Italiaanse outjies nie in haar belangestel nie.Dit het haar baie onsteld laat voel en haar meer na die kos gedryf.Pasta was Sanette se gunstelling kos en sy was verslaaf daar aan.Elke aand het sy eensaam en alleen in haar woonstel gesit en dink aan 'n sielsgenoot wat die leemte in haar hart sou vul.Saans het sy haarself aan die slaap gehuil.Dit was 'n nat en koue dag in Italiê.Sanette was in 'n kafee vir middagete en het die verliefde paartjies met verlange in haar hart aanskou.Sy het haar 'n groot bord pasta bestel en nie vir een oomblik het sy opgekyk van die smaaklike pasta nie.Toe Sanette uiteindelik haar kop oplig, staan daar aantreklike fris Italiaanse jong man voor haar en vra vir Sanette of hy langs haar mag sit.Sanette skuif toe oor.Die tafel was heeltemaal te klein vir die twee maar Sanette het nie daaroor gekla nie.Sanette het 'n warm gevoel van liefde ervaar en ontmiddelik geweet dat  haar strewe na die smaaklikste kos haar in die arms van 'n wonderlike man kom plaas het.Haar smaak vir die wêreld was vervul. 

1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. veskillende - verskillende
    2. deurgereis - een woord
    3. tevredestelling - een woord
    4. aptyt
    5. affekteer - beïnvloed
    6. gunstelling - gunsteling
    7. daaraan - een woord
    8. Italiê - Italië
    9. ontmiddelik - onmiddellik

    ReplyDelete