Wednesday, 25 September 2013

My refleksie oor my "blog"

Toe ek vir die eerste keer ons opdrag vir die "blog" ontvang was ek nuskierig maar ook sienuwagtig.Ek het geen kennis oor sulke teknologie nie alhoewel ek jong is deesdae is dit die mode vir jong mense  om alles van teknologie te ken.Alles wat Mev Klopper verduidelik omtrent die "blog" skepping was verwarend.Ek kon dit nie verdra nie want dit het my al hoe meer ontmoedig laat voel.Ek was glad nie opgewonde daaroor nie.Dit was verpligtend en ek moes dit doen. Toe ek uiteindelik begin op die rekenaar was my gedagtes oorals en ek wou net kla kom met die eerste opdrag.Die eerste stap van die "blog" skepping was nie maklik nie alhoewel dit op die bladsy eenvoudig gelyk het.Dit was 'n groot taak ek het nie geweet waar om te kliek nie want daar was verskillende "gadgets".My "blog" was toe geskep en ek kon weer asem haal.Deur my ervaring het ek soeveel nuwe kennis ontvang en ek was bloodgestel aan meer teknologiese konsepte.Nou dat die "blog" 'n werklikheid is is dit soeveel pret om daarop te wees en rond te speel.Ek geniet dit om ander mense se gadagtes en stories te lees.Ek kon meer aandag aan my poste skenk maar omdat dit 'n opdrag was het alles soe vinnig gegaan.Ek sou dit ook meer geniet as dit net 'n normale "blog" was maar hierdie is 'n afrikaanse taak en ons kry punte daarvoor soe dit wat 'n bietjie pret weg.Hierdie was 'n nuwe, opwindende ervaring en ek het dit geniet.

Dekadente trifle

Daar is niks lekkerde as 'n dekadente poeding na 'n heerlike maal nie.Ons almal is bekend met die trifle wat elke kerfees en feestye bedien word.Hier is 'n eenvoudige resep vir hierdie poeding.

Bestandele
2 koppies halfgekookgte rys
3ml fyn robertsonsgemmer
1litre melk
125ml suiker
250ml room
500ml bevore gemengde bessies
500ml strooisuiker
1 stokkie kaneel

Metode
Maak die melk warm saam met die gemmer en rys in 'n kastrol en laat dit kook.
Na dit verlaag die hitte en laat die drie bestandele stadig prut terwyl jy dit roer.Die melk en rys moet romerig wees.Laat dit 'n bietjie afkoel.

nou vir die room
Klits die room tot dit dik is en voeg dit by die melk en rysmengsel.

nou vir die bessies
Verhit die bessies,strooisuiker en kaneel in 'n klein kastrol.Die bessies moet vir omtrent 3 minute prut en dit moet ook afkoel.
Skep 'n lagie melk en rysmengsel in 'n deurgeskynende bak.Dan 'n lagie bessies.Herhaal hierdie process totdat al die bestandele gebruik is.Laat dit in die yskas om te verkoel.

Wednesday, 18 September 2013

'n smaak vir die wêreld

Daar was 'n meisie wat 'n obsessie met kos gehad het.Sy het veskillende dele van die wêreld deur gereis.
Haar reis het gegaan oor die tevrede stelling van haar enorme apteit vir die kospotte van die wêreld.Tydens elke lading in 'n stad het sy die beste eetplekke opgesoek om die smaak van die stad te ontdek.Die plek waar sy toe finaal haar voete kom vind het, was Italië.
Haar obsessie was die oorsaak dat sy nie meer aandag aan haar voorkoms gegee het nie.Sy het baie gewig aangesit en dit het haar gesondheid affekteer.Sanette was ongemaklik vet.Sy het begin wonder waarom die aantreklike Italiaanse outjies nie in haar belangestel nie.Dit het haar baie onsteld laat voel en haar meer na die kos gedryf.Pasta was Sanette se gunstelling kos en sy was verslaaf daar aan.Elke aand het sy eensaam en alleen in haar woonstel gesit en dink aan 'n sielsgenoot wat die leemte in haar hart sou vul.Saans het sy haarself aan die slaap gehuil.Dit was 'n nat en koue dag in Italiê.Sanette was in 'n kafee vir middagete en het die verliefde paartjies met verlange in haar hart aanskou.Sy het haar 'n groot bord pasta bestel en nie vir een oomblik het sy opgekyk van die smaaklike pasta nie.Toe Sanette uiteindelik haar kop oplig, staan daar aantreklike fris Italiaanse jong man voor haar en vra vir Sanette of hy langs haar mag sit.Sanette skuif toe oor.Die tafel was heeltemaal te klein vir die twee maar Sanette het nie daaroor gekla nie.Sanette het 'n warm gevoel van liefde ervaar en ontmiddelik geweet dat  haar strewe na die smaaklikste kos haar in die arms van 'n wonderlike man kom plaas het.Haar smaak vir die wêreld was vervul. 

Wednesday, 4 September 2013

Smaaklik vir die siel.

Kos op die lang pad is 'n ryk onderwerp. My liefde vir kos is onbeskryflik. Ek dink as jy die verskeidenheid kos soorte in die wereld kan respekteer, kan jy die liefde vir kos as 'n passie beskryf. Kos is siels verykend. As jy voel die wereld se probleme raak te veel dan gaan find iets smaaklik in lou yskas en maak jou siel weer heel.Dit is dalk nie goeie atvies om jou probleme weg te eet nie maar jy lewe net een keer. Jy kry kos wat jy fisies kan eet en dit lekker geniet en jy kry kos wat jou emosineels bystaan.Dit is nie altyd goed om by hierdie konsep te lewe nie, want oorgewig is 'n erenstige siekte wat in die moderne wereld onstaan, maar as kos jou vertroos hoekom nie.

Tuesday, 27 August 2013

Kos die woedsel wat mense beter laat voel

Ek is Recquel 'n baie eenvoudige jong dame.Ek hou glad nie van teveel ditjies en daaitjies nie.Ek is 'n nederige persoon en gee om vir die minder bevooregters.My hart se begeerte is dat elke kind in die wereld wat honger ly kos het om te eet.Dis die rede waarom ek so lief is vir kos dis 'n vertroosing vir sommige mense.Ek hou van verskillende kos, waar dit oorspronklik vandaan kom en mees belangrikste die gene wat nie kos het om te eet nie.Daar is soe baie resepte wat wereld wyd bekenstel is, soeveel tv programme oor kos maar so min mense wat dit eintlik kan bekostug en eet.As jy iemand help is dit waarskynlik die beste gevoel ooit.Ek weet ek voel beter as ek 'n honger kind woed, die glimlag alleen is 'n riem om een se hart.