Wednesday, 25 September 2013

My refleksie oor my "blog"

Toe ek vir die eerste keer ons opdrag vir die "blog" ontvang was ek nuskierig maar ook sienuwagtig.Ek het geen kennis oor sulke teknologie nie alhoewel ek jong is deesdae is dit die mode vir jong mense  om alles van teknologie te ken.Alles wat Mev Klopper verduidelik omtrent die "blog" skepping was verwarend.Ek kon dit nie verdra nie want dit het my al hoe meer ontmoedig laat voel.Ek was glad nie opgewonde daaroor nie.Dit was verpligtend en ek moes dit doen. Toe ek uiteindelik begin op die rekenaar was my gedagtes oorals en ek wou net kla kom met die eerste opdrag.Die eerste stap van die "blog" skepping was nie maklik nie alhoewel dit op die bladsy eenvoudig gelyk het.Dit was 'n groot taak ek het nie geweet waar om te kliek nie want daar was verskillende "gadgets".My "blog" was toe geskep en ek kon weer asem haal.Deur my ervaring het ek soeveel nuwe kennis ontvang en ek was bloodgestel aan meer teknologiese konsepte.Nou dat die "blog" 'n werklikheid is is dit soeveel pret om daarop te wees en rond te speel.Ek geniet dit om ander mense se gadagtes en stories te lees.Ek kon meer aandag aan my poste skenk maar omdat dit 'n opdrag was het alles soe vinnig gegaan.Ek sou dit ook meer geniet as dit net 'n normale "blog" was maar hierdie is 'n afrikaanse taak en ons kry punte daarvoor soe dit wat 'n bietjie pret weg.Hierdie was 'n nuwe, opwindende ervaring en ek het dit geniet.

1 comment:

  1. Jammer as ek jou deurmekaar gemaak het ;-) Ek is bly dat jy die op die ou end geniet het.

    ReplyDelete